Boodskap vir Vandag

Search

Gasvryheid

“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet” (Jesaja 55:1).

In Jesaja 55 nooi God die volk in ballingskap na ʼn fees. Hulle kan verniet kom aansit. Die taal van die uitnodiging klink baie soos dié wat ons ook in ons strate hoor: “Kom kyk en kom koop en kom eet.” Maar hier lees ons ook die woorde: “Kom ontvang”.

Dit is ʼn teken van God se gasvryheid. Ook die nagmaaltafel is ʼn teken van God se gasvryheid. Ons hele lewe staan in werklikheid in die teken van God se gasvryheid.

Henri Nouwen speel met die woorde hostis en hospes. Hostis herinner ons aan die woorde hostility en hostile, wat op vyandigheid dui. Dit sluit ons vooroordele en stereotipering in. Hospes herinner ons egter aan die woord hospitality. Dit is om ander mense hartlik te ontvang.

God se gasvryheid aan ons nooi ons uit om al hoe meer van hostis na hospes te beweeg.

Die nagmaal is die plek waar ons van God se gasvryheid bewus word, en van waar ons gasvryheid grense moet oorsteek.

Ons gasvryheid begin egter by God as die bron van die alleroorvloedigste goedheid.

Here, neem my hand en lei my oor die grens, weg van vyandigheid en na gasvryheid. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.