Boodskap vir Vandag

Search

Met arendsvlerke

Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie (Jesaja 40:28-29).

Die goeie nuus van Jesaja 40:21-31 is dat die Here nie moeg of afgemat word nie.

Moeg het baie assosiasies. Jy kan liggaamlik moeg wees omdat jy die hele dag hard gewerk het, of jy kan emosioneel uitgeput wees. Ons voel baiekeer moeg. Dan is dit goed om te weet die Here verseker ons voortdurend van sy skeppende en versorgende teenwoordigheid.

Die skrywer van Jesaja gaan nog verder en koppel vertroue aan energie. Hoekom? Seker omdat dit ons bekommernisse is wat ons energie tap, wanneer ons self probeer om al die balle in die lug te hou. As jy dink alles hang van jou af, sal alles vir jou te veel raak.

Die sabbat het iets hiermee te doen. Dit bied aan jou een dag per week om vertroue in te oefen. Dit kom nie vanself nie; dit verg dissipline. Die sabbat gee jou ook tyd om agteroor te sit en diep in jou hart te weet God is nie afgemat nie. Hy gun jou die rus sodat jy met nuwe ywer kan begin.

Miskien is dit juis daar waar ons reserwes, emosioneel en liggaamlik, opraak dat ons die Here se genadige aanraking werklik ervaar.

Dankie, Here my God, dat U nie moeg en afgemat raak nie, en vir my, die vermoeide, krag gee. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.