Boodskap vir Vandag

Search

Bome

“Ek sal hulle ontrou genees. Ek sal hulle van harte liefhê. Wanneer my toorn van hom afgewend is, sal Ek vir Israel wees soos die dou” (Hosea 14:5-6).

Een van my gunsteling-vergelykings vir God in die Ou Testament is ʼn minder bekende een. Ons kry dit in Hosea 14, aan die einde van hierdie boek, waar God Hom opnuut aan sy volk toevertrou.

In Hosea 14:5-6 staan daar: “Ek sal hulle ontrou genees. Ek sal hulle van harte liefhê. Wanneer my toorn van hom afgewend is, sal Ek vir Israel wees soos die dou.” En dan later in die hoofstuk, wanneer God hulle onder sy sorg neem, lees ons die woorde: “Ek is soos ʼn groen sipres. Alles wat jy het, sal van my af kom” (v 9). Met ander woorde, God is die bron van jou vrugbaarheid.

Gee jou verbeelding ʼn bietjie skiet en dink wat hierdie beeld – dat God Homself met ’n groen sipres vergelyk (“I am like an evergreen cypress”) – vir jou beteken.

Dié beeld sal vir verskillende mense verskillende dinge beteken, afhangende van waar jy woon. Maar vir dié wat in die woestyn van Palestina geleef het, het dou en ʼn groen sipres lewe, skuiling en vrede verteenwoordig.

Dankie, Here my God, dat alles wat ek het van U af kom, dat U my liefhet en vir my soos die dou sal wees. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.