Boodskap vir Vandag

Search

Die diensmeisie van Emmaus

Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle (Lukas 24:29-30).

Velázquez (1599-1660), ʼn Spaanse digter, het in sy leeftyd ʼn aangrypende skildery van Jesus se besoek by die Emmausgangers gemaak.

Denise Levertov, ʼn digteres, sou later ook ʼn roerende gedig hieroor skryf.

Die skildery beeld ʼn diensmeisie van Moorse afkoms uit wat, terwyl die mans in die voorkamer vergader, ʼn maaltyd met iets te drinke vir hulle voorberei.

Velázquez wys hoe sy, terwyl sy werk, deur die oop venster agter haar die gesprek tussen die mans afluister. Op aangrypende wyse vang die Spaanse meester dan die oomblik vas wanneer die diensmeisie, terwyl haar kop skuins na agter gedraai is, Jesus herken. En dit nog voordat die ander dit besef.

Die impak van die ontdekking dat die gestorwe Jesus lééf, is so geweldig dat die keramiekbeker op daardie oomblik uit haar hand val en volkome verstomming haar gesig verhelder.

Behalwe dat hierdie skildery die verrassing van Jesus se opstanding uit die dood vanuit ʼn onverwagse hoek uitbeeld, herinner dit ons dat die opgestane Jesus se genade en liefde ook vreemdelinge bereik. Ook dat ons Hom in die mees alledaagse aktiwiteite en ruimtes van ons lewe kan ontmoet.

In Teresa van Ávila se woorde: “God is found in the pots.”

Here, wat ʼn troos is dit om vandag weer te weet dat U nooit ver is nie, maar naby. Selfs daar waar ons in die kombuis werk, ontmoet U ons. Maak ons oë vandag weer daarvoor oop. Amen.

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.