Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

ʼn Onpeilbare geheim

Die Gees staan ons in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees selfs pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie (Romeine 8:26).

Wanneer ons dae so druk en besig word dat ons nie by bid uitkom nie …

Of wanneer ons gewoon so lui geword het om te bid dat gebed sy funksie en betekenis in ons lewe verloor het …

Dan moet ons onthou … Net soos destyds vir die dissipels, bid Christus steeds vir óns. Hy, as die verhoogde Heer, tree steeds elke dag vir ons by die Vader in. Ja, sy Gees hou nooit op om in en deur ons tot God te roep nie.

Dit is hierdie onpeilbare geheim wat elke dag deel van ons lewe is en wat maak dat ons, terwyl ons van God vergeet, tog soms, soos die verlore seun, na die Vader bly hunker en verlang. Dié geheim maak dat ons die knaende onrus weens ons onverskilligheid en ontrou nie afgeskud kry nie.

Die Gees skep in ons die vertroue dat God ons nooit sal verlaat nie. Dat God na ons sal bly luister. Sodat ons vandag weer met vrymoedigheid in ons nood en swakheid, maar ook met ons onrus en ons skuld, na God toe kan draai.

Is daar ʼn groter troos?

Heilige Gees, kom nou weer en bid deur my. Maak my dankbaar en getrou. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.