Boodskap vir Vandag

Search

Om buigsaam te bly

“Ek sal my Gees uitstort oor alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom” (Handelinge 2:17).

Een van die belangrikste uitdagings van die lewe, veral wanneer ons ouer word, is om buigsaam in ons denke, oordeel en handelinge te bly.

Dit is nie altyd so maklik nie.

Die sielkunde leer dat ons geneig is om oor die jare heen sterker vas te groei aan die gebruike en gewoontes waarmee ons grootgeword het. Sodat alles wat nuut is, wat die gevestigde patrone van ons lewe bedreig of uitdaag, ons maklik kan irriteer en frustreer. Ons selfs nog meer onbuigsaam en onverdraagsaam kan maak.

Want sien, ons bly van nature verknog aan ons eie manier van dink en doen. Ons voel net te veilig in ons vertroude domein om skielik, oornag, te verander en nuwe weë te beproef.

Dié soort konserwatisme is natuurlik nie altyd sleg nie. Almal het die spreekwoordelike remme in hulle lewe nodig. Dinge wat hulle waaksaam en versigtig hou, solank dit nie tot ongesonde stagnasie en veral ʼn gesindheid van veroordeling en sinisme lei nie.

Veel beter sal natuurlik wees om toe te laat dat God se Gees ons in dié opsig lei en voorlig. Want die Gees, so hoor ons in die Bybel, hou ons lewe oop en soepel. Die Gees laat jongmense nuwe gesigte sien en ou mense vars drome droom.

Praat van mooi oudword.

Gees van God, help ons om buigsaam en soepel te bly, nie omdat die samelewing dit van ons vra nie, maar omdat u weg ʼn weg van nuwe drome en vergesigte is. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.