Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

God van tyd

Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom (Psalm 90:12).

Jean Vanier, die Fransman wat huise vir gestremde mense oor die wêreld heen opgerig het, het geskryf dat ons met die God van tyd vriende moet maak. Miskien sal ons nie dan so maklik van tydmors praat nie.

Tyd en onthou gaan hand aan hand. Onthou is nodig vir die toekoms. Onthou vra dat ons sal stilstaan en besef dat ons in mekaar se stories en in groter verhale ingeweef is. Dat dit ons niks help om die geskiedenis te ignoreer nie, want dan gaan ons onsself nie verstaan nie. Maar bowenal dat God tog nog altyd in ons tyd gewerk het.

Geen tyd kan vermors word nie, want God is altyd reddend teenwoordig. Alle tyd is gevul met God se verlossende teenwoordigheid. Miskien is dit soos ʼn swangerskap. Jy kan nie met die blote oog sien hoe die baba ontwikkel nie, maar tog is iets vormend, skeppend en kreatief besig om te gebeur.

God is swanger met ons toekoms, en die aard daarvan is gekoppel aan wie God vir ons in die verlede was – altyd teenwoordig.

God van tyd, help my onthou ter wille van die toekoms. Skenk my u wysheid en maak my bewus van u teenwoordigheid in my tyd. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.