Boodskap vir Vandag

Search

Tyd is genade

Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde (Psalm 46:11).

In Hebreeus beteken die woord sabbat letterlik “stop”. Miskien stop en raaksien; stop en bewus word dat dit nie ons inspanning is wat die finale sê het nie.

Met die oog op hoe ons oor God en tyd dink, skryf Graham Ward: “Time is the unfolding of God’s grace, of God’s gift of God’s self in and through creation and our being created … To ask about time as a Christian theologian is to accept that not time (nor any perspective) is arbitrary, that all time is time of and for redemption, all time is grace.”

Alle tyd is verlossingstyd, alle tyd is saligmakend.

ʼn Kontemplatiewe manier van leef beteken ons sal ons ons beskouing van wat belangrik en van wat tydmors is bietjie vir bietjie verander – om daarin te kan rus dat God besig is selfs wanneer ons rus.

Dit is juis hoekom ons iewers in die week moet stop; anders begin ons dink God werk net wanneer ons werk.

Help my om te stop, Here, en u genadetyd vir my toe te eien en my oë te rig op u werk in my lewe. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.