Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Tyd vir die geringstes

Hy gee mildelik vir die armes (Psalm 112:9).

Hoe ons oor tyd dink het te make met hoeveel waarde ons aan mense heg.

Jean Vanier herinner ons dat God waarde gee aan dié wat ons as weerloos en swak beskou. Jesus het nie deur Palestina gejaag nie. Hy het gaan staan en geleer, aangeraak en verkondig. Niemand was vir Hom te onbelangrik nie.

Luister net na die taal wat ons ten opsigte van tyd gebruik: mors tyd, gebruik tyd, verloor tyd, maak tyd, beat the clock, turn the clock back.

Ons moenie met tyd baklei nie, maar dit omhels. Omdat ons in God se hand is, kan ons maar by iemand gaan stilstaan en gesels. In God se koninkryk is daar nie minder belangrike lewens nie en seker dan ook nie minder belangrike take nie.

In ʼn samelewing waar tyd baas is, is dit goed om vriende te wees met die Een wat groter as tyd is, die Een wat tyd geskep het.

Here, in ʼn lewe wat gejaagd is en waar niemand genoeg tyd het nie, help my om tyd te maak vir almal, veral vir die geringstes, soos U die voorbeeld gestel het. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.