Boodskap vir Vandag

Search

Woorde van ons mond

Laat die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart vir U aanvaarbaar wees, Here, my Rots en my Verlosser (Psalm 19:15).

In sy boek The way of the heart: The spirituality of the Desert Fathers and Mothers maak Henri Nouwen ons attent op die oorvloed woorde waarmee ons elke dag te doen kry.

Die Woestynvaders het stilte egter as “the safest way to God” beskou. Hoe meer woorde ons onsself mee omring, hoe minder betekenisvol word ons woorde. Ook die Bybel is bewus van die gevare van die tong (lees gerus Jakobus en Spreuke) en die krag van die regte woorde.

In Psalm 19:15 staan daar: “Laat die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart vir U aanvaarbaar wees, Here, my Rots en my Verlosser.”

Daar was al baie mense wie se woorde ʼn verskil in my lewe gemaak het. Woorde wat ek nou nog kan onthou en wat ek neergeskryf het. Sommige woorde het bevestig en skielik vir my ander perspektief en vryheid gegee.

Daar was egter ook woorde wat negatiwiteit en moedeloosheid in my hart gewek het. En hierdie woorde verdwyn ook nie.

Miskien is wysheid dan ten diepste om te dink voordat ons praat.

Herinner my om te dink voordat ek praat, Here, sodat die woorde van my mond vir U en ander aanvaarbaar sal wees. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.