Boodskap vir Vandag

Search

Die krag van ontferming

God het toe die vroedvroue self ook voorspoedig gemaak. Omdat hulle Hom gedien het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee (Eksodus 1:20-21).

In Eksodus 1 en 2 ontmoet ons ʼn hele paar vroue wat agente van bevryding genoem kan word. Vroue wat vanweë hulle warm harte lewens gered en die weg gebaan het vir God om in te gryp en die Israeliete uit Egipte te red.

Ons lees van die vroedvroue Sifra en Pua wat besluit het om te jok omdat hulle geweier het om die Israeliete se babaseuntjies by geboorte te laat sterf. Hulle het dit gedoen selfs al het hulle hulle lewe in gevaar gestel. Ons lees van Moses se ma wat planne beraam het om haar kind te laat leef. Ons lees van Mirjam wat vinnig gedink het en van die farao se dogter wat die seuntjie in die mandjie jammer gekry en hom vir haarself gevat het sodat hy kan leef.

In haar boek ʼn Groter God beskryf Julie Claasens hulle as agente van bevryding wat deur deernis ruimte gemaak het vir leef en so ook ruimte gemaak het vir God se bevryding van die volk. ’n Klomp klein keuses vir deernis en lewe maak groter gebeure moontlik. Geen daad uit deernis gedoen, is ooit te klein nie.

Maak my ʼn agent van u deernis, Here, al kos dit my wat. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.