Boodskap vir Vandag

Search

Saameet – saamwees

“Ek is die brood van die lewe” (Johannes 6:35).

Wat bind ons aan ander gelowiges? Sekerlik die feit dat ons saameet. Wat eet ons saam? Die brood, natuurlik. Ons is die tafelgemeenskap, Jesus se gaste.

Ons kan selfs verder gaan en sê die brood is ook ʼn teken. Ja, ons proe dit, voel dit, ruik dit en breek dit, maar dit is ook die liggaam van Christus. Dit bind ons saam, want Paulus het geskryf daar is tog net een liggaam en een brood.

Ons word ook in die liggaam ingedoop; ons is die liggaam en word deur die liggaam gevoed. Jesus het boonop gesê: “Ek is die brood van die lewe” (Johannes 6:35). ʼn Brood wat iemand vir altyd sal versadig.

En toe Jesus die honger massas innig jammer gekry het, het een seuntjie gekom en gesê: “Hier, vat my brood.” En Jesus het hulle gevoed.

Ons is geleer om te bid vir ons daaglikse brood. Ons is geleer om, as iemand vir ons brood vra nie, nie vir hulle ʼn slang te gee nie.

Ons is een, want ons eet saam.

Dankie vir die gemeenskap van gelowige, ʼn gemeenskap van saameet en saamwees, wat U aan ons gegee het, Here. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.