Boodskap vir Vandag

Search

Om goed te wees

“Niemand is goed nie, behalwe Een, en dit is God!” (Lukas 18:19).

Wat bedoel ons as ons sê: God is goed? Wat beteken goed? God en goedheid word op baie plekke in die Bybel aan mekaar verbind. In Psalm 136:1 word die oproep om God te loof vanuit God se goedheid gemotiveer. Wanneer Jesus met die ryk jongman praat, antwoord Hy hom: “Niemand is goed nie, behalwe Een, en dit is God!” (Lukas 18:19).

Moet ons nou eers dink wat goed beteken en dit dan op God toepas, of leer ons by God wat goed beteken? Ken ons goedheid omdat ons God ken?

Artikel 1 van die Nederlandse Geloofsbelydenis beskryf God onder meer as “die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is”. Miskien help dit ons as ons in terme van Bybelse konsepte dink.

In die Bybel is die definisie van goedheid as ʼn abstrakte konsep nie so belangrik nie. Ware goedheid word in verhoudings ervaar. God is goed vir ons. Goedheid word dan, soos liefde, ʼn inklusiewe term wat vriendelikheid, geregtigheid, barmhartigheid, deernis en aandagtigheid insluit.

Ons word opgeroep om goed te wees, maar dit is gewortel in die ervaring dat God vir ons goed is.

U is so goed vir my, Here my God. Maak my ʼn kanaal van u goedheid aan my na ander mense wat U ook so nodig het. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.