“Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U” (Daniël 9:9).
Baie van ons sukkel om onsself te vergewe.
Dikwels hang dit saam met ʼn ongelukkige voorval of ʼn dwase keuse uit die verlede wat ons nie afgeskud kry nie. Wat ons keer op keer in die donker put van selfverwyt en depressie dompel.
Broer Roger, die charismatiese leier van die bekende Taizé-gemeenskap, het hierdie probleem goed geken toe hy geskryf het: “You say, ‘How can I fulfil myself when there is an image from the past which covers the spring of living water in ashes?’”
Hierop antwoord hy dan: “Forget the ravages of the past? Nobody can do that; nor the still throbbing pangs of clinging regret. But let one sigh rise deep from within you, and already you are overflowing with confidence. What holds you in its clutches is being dealt with by God.”
Broer Roger kon dié versekering gee omdat hy God se vergifnis vir opstandiges goed geken het. Daarom kon hy sy meditasie met hierdie mooi trooswoorde afsluit: “In times of darkness, when life loses its meaning and you are unsure even of your own identity, a flame still burns bright enough to lighten your night … The fire of his forgiveness plunges deep within you, dispelling your own confusion … That fire never says ‘enough’.”
Jy mag maar hieraan vashou!
O Here, sonder u vergifnis sou ek ondergaan en kwyn. Dankie daarvoor! Vandag wil ek my lewe opnuut bou op die versekering dat U barmhartig is en vergewe. Amen.
Carel Anthonissen