Boodskap vir Vandag

Search

Kom, gee My jou hand!

Ek strek my hande uit in gebed na U toe (Psalm 143:6).

Nog iemand wat aangrypend oor God se geheimenisvolle werk in ons lewe – en hoe dit heilsaam op ons bestaan kan inwerk – geskryf het, is die bekende Duitse digter Rainer Maria Rilke.

In ʼn aangrypende gedig (vry vertaal hieronder) vertolk hy treffend sy gewaarwordinge hiervan.

God praat met ons elkeen as sy maaksel,
daarna wandel Hy stil-stil met ons uit die nag.

Dan hoor ons vaagweg hiérdie woorde:

Jy wat uitgestuur is, maar miskien vergeet het,
gaan na die grense van jou verlange
en word my liggaam. 

Gloei soos ʼn vlam en skep die skadu’s waarin Ek
kan beweeg – deurleef elke ding wat met jou gebeur:
dit wat mooi én skrikwekkend is.

Gaan net voort. Geen gevoel is ooit finaal nie.
Moenie toelaat dat jy My verloor nie.

Naby jou is die landskap wat genoem word die
lewe! Jy sal dit herken aan die erns daarvan.

Kom, gee My jou hand!

Kom ons strek dan vandag, net soos die psalmdigter, ons hande opnuut na God uit.

Here, ek kom vandag weer na U toe met my hande en my lewe oop. Neem my aan en lei my soos en waar ek is. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.