Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Wat is die sterkste?

As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense (Romeine 12:18).

In Romeine 12:9-21 is daar ʼn lys riglyne vir die Christelike lewe. Dié riglyne pas nie noodwendig bymekaar nie en dit lyk nie of dit in ʼn spesifieke volgorde is nie. Al die riglyne het egter te make met die keuse vir liefde. Die keuse vir liefde – bo haat en geweld – het ʼn sekere soort lewe tot gevolg.

Soms raak ons so sentimenteel oor die idee van liefde dat ons vergeet liefde is ʼn mag. Wanneer ons aan mag en krag dink, kom woorde soos sterk en magtig by ons op. Ons vergeet liefde en deernis is ook ʼn mag. Ons as kerk, as liggaam van Christus, is tog gebore uit die gegewe dat liefde ʼn mag is, ʼn mag wat die sonde, dood en Bose oorwin het.

Elke dag kan ons kies of ons gaan leef vanuit die oortuiging dat geweld, mag en onderdrukking die laaste sê het … of liefde. Dit is nie net ʼn oortuiging nie, maar ʼn daad. Daarom gee ons vir ons vyande kos.

Skoonheid, liefde, deernis en vrede is magtig, want dit fokus op dinge buite ons en maak ons vry van onsself en ons eie dinge.

Here, help my om te kies vir liefde sodat skoonheid, deernis en vrede in my lewe sal heers. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.