Boodskap vir Vandag

Search

Liefde as daad

“Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (Matteus 24:40).

Die gevaar van liefde is sentimentaliteit; liefde op ʼn afstand; ʼn warm gevoel. Die Ou Testament se refrein van reg en geregtigheid laat ons liefde werklik verstaan. Liefde is die herstel van onreg, die soeke na God se wil en dit is konkreet: Gee kos, gee klere, besoek dié in die tronk (Matt 25).

In Jesaja 5:7 motiveer God sy hartseer en teleurstelling oor sy volk, sy wingerd: “Die Here het verwag dat daar reg sou wees, maar daar was net onreg, dat daar geregtigheid sou wees, maar daar was net die hulpgeroep van die verontregtes.”

Simone Weil het geskryf: “The Gospel makes no distinction between the love of our neighbour and justice.” Liefde is dan eintlik aktivisties. Dit vee nie onder die mat in nie, bly nie stil om die vrede te bewaar nie. Die liefde stir die hele tyd, want ons is nie tevrede met ʼn wêreld vol onreg nie. Ons bid tog dat God se wil sal geskied, en dit gebeur wanneer daar reg en geregtigheid is.

Weil meen: “We invented the distinction between justice and charity.” Om kos en klere te gee is tog minder gevaarlik as om ons teen onreg en die herstel van ongeregtigheid uit te spreek.

Here, maak my ore oop om die hulpgeroep van die verontregtes te hoor en die moed om te help. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.