Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Net soveel mens as jy

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God (Miga 6:8).

Die soeke na reg en geregtigheid is meer as om aan ʼn opdrag gehoorsaam te wees. Dit is die erkenning van ander mense se menswaardigheid.

Simone Weil skryf in haar boek Waiting on God: “Only the absolute identification of justice and love makes the coexistence possible of compassion and gratitude on the one hand, and on the other, of respect for the dignity of affliction in the afflicted – a respect felt by the sufferer himself and others.”

Wanneer ons dink ander mense is net so ʼn bietjie minder mens as ons, gee ons barmhartigheid ons die gevoel van “goed-wees” – solank ons net nie in ʼn verhouding moet tree nie, solank ons net op ʼn afstand kan help.

Johannes Calvyn het geskryf ons moet ook dié wat ons haat, liefhê: “Ons kan dit bereik as ons onthou dat ons nie die boosheid van mense in aanmerking moet neem nie, maar dat ons die beeld van God in hulle moet raaksien. En wanneer dit hulle oortredings weggeneem en uitgewis het, lok die beeld ons deur sy skoonheid en waardigheid om hulle lief te hê en te omhels” (Boek III, 3.7.7).

Help my, Here, om U raak te sien in elke mens wat ek ontmoet. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.