Boodskap vir Vandag

Search

Watergolwe

“Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos ʼn standhoudende stroom” (Amos 5:24).

In die boek Amos word twee baie sterk emosies aan God gekoppel. God word hier sterk antropomorfies uitgebeeld, met ander woorde, met menslike emosies.

In Amos 5:21 staan daar: “Ek haat … Ek verafsku.” Wat bring dié emosies na vore?

Die gewone dinge van Israel se godsdiensbeoefening, naamlik offers, feeste en musiek. Dit is nie wat God soek nie – nie as dié dinge wat werklik saak maak nie óók daar is nie.

In Amos 5:24 sê God wat hy wel soek: “Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos ’n standhoudende stroom.” Die NRSV beskryf dit soos volg: “But let justice roll down like waters, and righteousness like an ever-flowing stream.”

In Amos 6:8 staan daar: “Ek het ʼn weersin in sy mooi huise …” God wil reg en geregtigheid sien gebeur. Ons weet wat geregtigheid (justice) is, want ons kom baie gou agter wanneer daar onreg teen ons gepleeg word.

As die kerk profeties is, moet God se verlange ook ons verlange word, en miskien dan sy weersin ook ons weersin.

Here, help my dat ek saam met U soek na reg en geregtigheid in hierdie wêreld vol onreg. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.