Boodskap vir Vandag

Search

Koning

In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ʼn baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien (Jesaja 6:1-2).

Die God wat vir Jesaja as profeet roep, sit op ʼn troon (Jesaja 6). Hy word uitgebeeld as ʼn Koning, ʼn Heerser.

Vir my was “koning” nog altyd ʼn ongemaklike woord, seker omdat die geskiedenis vol konings is wat nie hulle verantwoordelikheid nagekom het nie. Ek is dus ʼn bietjie sku vir hiërargieë en base.

Wat my egter help om dié beelde te verteer is om myself te herinner die Bybel praat altyd metafories oor God, in beelde wat ons herken: koning, regter, boer, geneesheer, lig, rots, en so meer.

Dan kan ons “koning” herken as ʼn metafoor van heerskappy, maar ook ander metafore raaksien wat hierdie een aanvul, soos die een in Esegiël 34. Daar steek God die konings van Israel in die pad omdat hulle nie “goeie herders” vir sy kleinvee is nie. Hy besluit Hy sal self hulle herder wees.

Wat doen ʼn Herder-Koning? “Ek sal self my kleinvee se herder wees en hulle rustig laat lê en herkou … Ek sal dié soek wat weggeraak het, dié terugbring wat weggedwaal het, die wonde versorg van dié wat seergekry het, die swakkes help” (Eseg 34:15-16).

Só is ons God. En die oordeel is dan oor dié wat vet word ten koste van hulle kleinvee.

Here my God en Koning, maak my saam met U ʼn herder wat u kleinvee sal soek en terugbring en versorg. Want dit is wat U vir my doen. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.