Boodskap vir Vandag

Search

Bymekaarmaak

“Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie” (Jesaja 53:2, 1953-vertaling).

Wendy Farley het ʼn boek geskryf met ʼn titel wat my elke keer tref as ek dit op my boekrak opmerk: Gathering those driven away. ʼn Mens kan dadelik vra: Wie word bymekaargemaak? Wie is uitgestuur of weggejaag?

Farley fokus op die randfigure, dié wat nie pas nie, en vra of ons werklik die implikasie van Jesus se menswording vir kerk-wees verstaan.

Sy haal dan M Shawn Copeland aan: “If my sister or brother is not a the table, we are not the flesh of Christ. If my sister’s mark of sexuality must be obscured, if my brother’s mark of race must be disguised, if my sister’s mark of culture must be repressed, then we are not the flesh of Christ.”

As ons Christus nie kan sien in dié wat anders as ons is nie, hoe kan ons werklik kerk wees in die wêreld? Dan is ons alleen, gesegmenteerd, elkeen in ons hoekie besig met ons eie belange. Dan mis ons die wonder van die kerk as nuwe skepping, hoewel nie perfek nie.

Here, gee aan my u gesindheid, dat ek almal sal raaksien en omarm wat, soos U eens, geen gestalte of heerlikheid het nie. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.