Boodskap vir Vandag

Search

Om te leef van goeie herinneringe

Soek die Here en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op. Roep die wonders wat Hy gedoen het in herinnering (Psalm 105:4-5).

Een iets wat ons by die Israeliete kan leer, is hoe hierdie volk in tye van nood en swaarkry nie toegelaat het dat die smart en ellende daarvan hulle oorweldig nie.

In sulke tye, so lees ons in Psalm 105, het die Israeliete telkens geleef vanuit die positiewe herinneringe aan God se goeie dade in hulle lewe. Aan die wonders wat Hy vroeër vir hulle gedoen het (105:4-5).

Vir die volk Israel was hierdie wonders en die herinneringe daaraan ʼn bron van nuwe hoop, inspirasie en vertroue. Dit het hulle ook bewus gehou van hulle afhanklikheid van God. En hulle aangespoor om telkens na God toe te draai en hulle krag en blydskap in God se teenwoordigheid te vind (105:3-4).

Inderdaad is ons lewe ʼn mengsel van soet en suur, van die goeie en die slegte, van oomblikke vol lig en vreugde, maar ook van swaar en ondraaglike tye. Die uitdaging is om nie vas te val in ons ellende nie, maar elke dag, soos die Israeliete, terug te dink aan God se seën in ons lewe, aan die goeie wat Hy vir ons gedoen het. En dan doelbewus daaruit te gaan leef.

Want daar was tog ook al sulke oomblikke in jou lewe – nie waar nie?

Here, dankie vir goeie herinneringe, ook vir tye toe ons u seën op onverwagte maniere beleef het. Help ons om dit in moeilike tye nie te vergeet nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.