Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Keer terug na jou werk

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ʼn arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ʼn arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie (2 Timoteus 2:15).

Die sangeres Joyce DiDonato se tweede stukkie raad aan die jong studente wat op die drumpel van ʼn artistieke loopbaan gestaan het, sluit nou aan by haar eerste opmerking.

Dit is dat jou werk nie alleen te alle tye onvolkome en onafgerond is nie, maar meer nog, dit kom nooit klaar nie.

Hierdie waarheid is volgens DiDonato belangrik om te onthou, spesifiek wanneer die lewe jou op ʼn dag oorweldig – hetsy as gevolg van vinnige sukses of ʼn verpletterende teleurstelling – en jy dreig om jou kop of jou kalmte te verloor. Om weg te dryf van daardie kern wat jou egte self verteenwoordig.

Dan, stel sy voor, is daar net één raad: Keer terug na jou werk. Begin van voor af. Gaan weer noukeurig en met groot geduld deur al die stappe, die oefeninge of die prosedures wat so belangrik is om jou kuns of werk af te rond en na ʼn hoër vlak te neem. Só sal jy weer troos, verkwikking en waarheid ontdek. En vrede met jouself vind.

In haar woorde:

“Be patient, but know that it will always be there – even if in some moments you lack the will to be there for it. All it asks is that you show up, fully present as you did when you first discovered the magic of your artistic world. Bring that innocent, childlike sense of wonder to your craft and do whatever you need to do to find that truth again. It will continually teach you how to be present, how to be alive, and how to let go. Therein lies not only your artistic freedom, but your personal freedom as well.”

Gelowiges vind hierdie vryheid veral wanneer hulle, soos Paulus vir Timoteus aangemoedig het, hulle werk daagliks voor God bring.

Here, wat ek vandag aanpak, wil ek graag in u teenwoordigheid doen. Help my daarmee. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.