Boodskap vir Vandag

Search

Wag as ruimte van hoop

As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie … (Psalm 27:13).

Die “as” waarmee Psalm 27:13 begin, spreek boekdele.

“As ek darem nie geglo het … nie.”

Hierdie “as” dui daarop dat die psalmdigter ʼn ander scenario geken het en erken. ʼn Scenario waarin hoop en vertroue nie bestaan nie. Waarin daar nie ʼn groter prent is om aan vas te hou nie.

Waarin daar geen verwagting is om die goedheid van God te proe nie.

Die digter verstaan dit is net omdat daar ʼn verwagting is dat wag moontlik is. Wag is ʼn integrale deel van ons geloof. Dit is die bymekaarkom van ons verwagtings, planne en idees en God se tyd.

Dit is die oorvleueling van ons sien en God se sien:

“Wag op die Here! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die Here!” (Ps 27:13-14).

Help my om te wag en te bly glo, Here, al sien ek nog niks nie, al sukkel ek om te vertrou en te hoop. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.