Boodskap vir Vandag

Search

Hoop op God se goedheid

Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra (Klaagliedere 3:25).

Klaagliedere 3:25 in die NRSV lees: “The Lord is good for those who wait for him, to the soul that seeks him.”

Die Here is goed vir dié wat op Hom bly hoop. Dit is mooi woorde, maar miskien moet ons dit nie los van die konteks van Klaagliedere lees nie.

Klaagliedere is gebore uit oorlog en alles wat met oorlog gepaardgaan: hongersnood, geweld, verkragting, moord en hooploosheid. Jy kan maar net die TV op ʼn nuuskanaal inskakel en kyk wat in plekke soos Sirië aan die gebeur is om die volle prentjie te kry.

Tog is dit moeilik vir ons om te bedink; dit is so buite ons omgewing. As niks rondom jou goed is nie, wat is die inhoud van God se goedheid waarop jy hoop? As dit goed gaan, is goed seker meer seëninge en oorvloed. En as daar niks goeds rondom jou is nie, is goedheid dalk die moontlikheid om steeds ʼn môre raak te sien.

Dis soms moeilik om te bly hoop, selfs op U te bly hoop, Here. Help ons om elke dag ʼn môre te sien. U môre. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.