Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Ore en oë

Verder het Hy gesê: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!” (Markus 4:9).

Wanneer jy die Markusevangelie lees, lees jy gereeld dié refrein: “Wie ore het, moet luister!” (4:9). Jesus praat gereeld van dié wat sien maar nie sien nie, en van dié wat hoor maar nie hoor nie.

Dit is soos die verhaal in Johannes 9 van die man wat blind gebore is en vir wie Jesus genees het. Hoe meer hierdie man met Jesus te doen gekry het, hoe meer het hy gesien Jesus is die Christus. Hoe meer die Joodse leiers hom ondervra het, hoe minder het hulle Jesus herken vir wie Hy is. Die blinde sien, en dié wat kan sien, is blind.

Miskien moet dit ons enigste gebed vandag wees – dat ons sal leer om God te sien en te hoor in die lewe van ander mense en in onsself. Ons filtreer ons sintuie so maklik en kyk en hoor so selfsugtig. God se hand is op ons elkeen en sy fluisteringe is in ons elkeen se hart.

Die dissipels en omstanders het Jesus nie altyd gesien vir wie Hy was nie, want hulle wou Hom anders hê. ʼn Bietjie sterker, ʼn bietjie meer soos ʼn koning, ʼn bietjie meer soos dit hulle sou pas.

Miskien begin sien en hoor dan by die uitvee van verwagtings sodat God heeltemal anders nuut en verrassend in jou lewe kan werk. Wie oë en ore het …

Gee my oë wat sien en ore wat hoor, Here Jesus, sodat ek u handewerk in my lewe sal sien en u stem met my sal hoor praat. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.