Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Weg van die skares

Die koninkryk van God is soos ʼn mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het (Matteus 13:31).

In die geskiedenis van die kerk het sommige van die belangrikste deurbrake en veranderinge nie altyd op ʼn indrukwekkende manier of op groot verhoë plaasgevind nie.

Dit het dikwels weg van die skares en danksy die nederige werk en optrede van onopvallende figure op verborge plekke sonder naam of aansien gebeur. In die woorde van die bekende Katolieke geestelike Henri Nouwen:

“Wherever the gospel of Jesus bears fruit we come across this hiddenness. The great Christians throughout history have always been lowly people who sought to be hidden.”

Hierdie waarheid stem natuurlik ooreen met die Bybelse visie van hoe God se koninkryk kom of werk – in die gestalte van ʼn eensame saaier wat weerlose saad saai; of ʼn klein mostersaad wat mettertyd uitgroei tot ʼn grootse boom; of suurdeeg wat onsigbaar maar onkeerbaar werk. Jesus se lewe en werk was ʼn voorbeeld van hierdie verborge maar kragtige werking van God se koninkryk.

Die waardes van ons moderne en hoogs mededingende samelewing staan natuurlik in skrille kontras hiermee. Hier werk almal om die meeste geld, invloed en aansien, meestal ten koste van die ander.

Hoe ironies dat ʼn ongelowige soos Nietzsche ons hieraan moes herinner:

“All great things occur away from glory and the market place. The inventors of new values live away from glory and the market place.” Tereg lui sy finale woord hieroor: “Flee, my friend, into your solitude.”

Dit kon net sowel Jesus se woorde gewees het!

Here, hoe graag wil ons belangrik en invloedryk wees! Leer ons ons plek in die wêreld en hoe ons u koninkryk die beste kan dien. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.