Boodskap vir Vandag

Search

Mense van die dag

Julle is tog almal mense van die lig, mense van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en nugter wees (1 Tessalonisense 5:5-6).

Onlangs het Koos Kombuis ons in ʼn koerantartikel daaraan herinner dat ons tans in Suid-Afrika in ʼn groot, bykans oorweldigende donkerte verkeer.

Gegee die tanende ekonomie en grootskaalse korrupsie en morele verval is dit natuurlik waar.

Tog mag die donkerte nooit die laaste woord in die lewe van ʼn gelowige spreek nie. Ons leef tog vanuit die lig en vryheid wat Christus gebring het.

Is dit dan nie waaraan Paulus ons in 1 Tessalonisense, die oudste brief van die Nuwe Testament, vandag wil herinner nie? Dat ons mense van die lig is, ja, mense van die dag en nie van die nag of van die duisternis nie. En dat ons daarom wakker en nugter moet leef, geklee met geloof en liefde en ʼn brandende hoop in ons harte (1 Tess 5:5-8).

Meer nog, as mense van die lig kan ons weet en vertrou dat die korrupte magshebbers se uur verby sal gaan, dat die lig weer sal deurbreek. En dat dit dikwels vinniger en meer onverwags sal gebeur as wat ons dalk dink.

Want die dag van die Here – die uur waarin God sy oordeel sal laat geld – kom onverwags, soos ʼn dief in die nag (1 Tess 5:2).

Hierop mag ons sonder enige skroom bly hoop.

O Here, dankie vir die lig van u genade en liefde waaruit ons vandag kan leef. En dankie dat U die geskiedenis in u hand hou sodat onreg of donkerte nooit die laaste woord in ons lewe kan spreek nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.