Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Vreugde

Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die HERE het groot dinge vir hierdie mense gedoen” (Psalm 126:2).

Die derde Sondag in Advent is die Sondag van vreugde.

Ons lees Psalm 126. Een kommentaar op hierdie psalm sê in Hebreeus, anders as in Grieks, is dit moeilik om altyd die tyd van die werkwoorde te bepaal: Gebeur dit nou, het dit gebeur, of gaan dit gebeur?

In sekere sin is dit goed so, want wanneer die psalmskrywer sê: “Toe die Here die lot van Sion verander het, was ons soos mense wat droom,” kan dit ook lees: “As die Here die lot van Sion verander,” of selfs: “Terwyl die Here die lot van Sion verander.” Die NRSV vertaal “verander ons lot” met “restore our fortunes”.

In hierdie psalm is dit juis ʼn gebeurtenis van die verlede wat hoop vir die toekoms gee. Dit bring mee dat ons in vers 4 lees: “Verander weer ons lot, Here, soos stroombeddings in die Negev.” In hierdie woestyn kan droë stroombeddings binne ʼn oogwink strome water word wanneer dit begin reën.

En droom? Droom het baie konnotasies. Miskien is dit hier die verrassende, die onverwagse: “Then our mouth was filled with laughter, and our tongue with shouts of joy” (v 2, NRSV). Die Here het ons lot verander met die koms van sy Seun, sodat ons nou kan lag en van vreugde kan sing.

Dankie, Vader, vir u Seun wat onder ons kom woon het sodat ons monde nou met lag gevul is en ons tonge van blydskap kan sing. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.