Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Loof

Prys die HERE! Want dis goed om ons God te prys. Dis ’n vreugde en ’n genot om Hom te prys (Psalm 147:1)

Adventstyd is vreugdetyd.

In Latyn kry ons die woord Gaudete (Engels: rejoice). Jy sal dit herken in klassieke komponiste se werke: die oproep tot vreugde.

Daar is verskeie redes vir hierdie oproep tot blydskap en vreugde. Die Here se koms is naby; Hy kom onder ons woon; Hy skenk ons elke dag sy gawes; Hy is besorg oor ons.

Hierdie blydskap of vreugde word nie deur uiterlike omstandighede bepaal nie. Dit is ʼn vreugdelied oor iets. Oor iemand. Oor ʼn Kind.

Meister Eckhardt skryf so aangrypend hieroor:

“If I were alone in a desert
and feeling afraid,
I would want a child with me.
For then my fear will disappear
and I would be made strong.
That is what life in itself can do
because it is so noble, so full of pleasure
and so powerful.”

Daar is soveel redes om U te loof dat ons nie weet waar om te begin nie, Here Jesus. Aanvaar vandag ons lofprysing, ons aanbidding en ons danksegging. Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.