Boodskap vir Vandag

Search

Liefde as krag

Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê (1 Johannes 4:9).

Die vierde Sondag in Advent is die Sondag van liefde.

Een van die bekende Adventliedere in die Liedboek van die kerk sing dan juis: “God is liefde, juig ons harte …”

Liefde is in sekere sin ʼn sentimentele woord. Dit het sy krag verloor omdat ons dit te veel gebruik en dalk te min leef.

Ek wil liefde altyd inkleur met die Hebreeuse woord hesed. Hesed word in Engels pragtig vertaal met “steadfast love”. In die Ou Testament is hierdie woordpaar dan ook altyd “liefde en trou”, om die getrouheid agter die liefde te onderstreep. Hierdie liefde is hardkoppige liefde, liefde wat by sy keuse bly.

Oor hierdie liefde kan my hart juig, want dit is meer as bloot ʼn “sê-ding”. Dit is ʼn keuse. Dit is so diep soos die krip, die kruis en die graf. Dit is hardkoppiger as die sonde en sterker as die dood. Hierdie liefde is ʼn krag soos Hooglied dit in menslike liefde weerspieël sien:

“Die liefde is sterker as die dood,
die hartstog magtiger as die doderyk;
dit brand en vlam soos vuur” (Hooglied 8:6).

Oor hierdie liefde juig ons harte.

My hart juig vandag oor u liefde vir my, Vader, u liefde wat geopenbaar is in u Seun wat U na die aarde toe gestuur het om my te verlos en my u kind te maak. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.