Jy sal ʼn nuwe naam kry, ʼn naam wat die Here self vir jou gekies het. Die Here sal jou soos ʼn sierlike kroon in sy hand hou (Jesaja 62:2-3).
Iemand wat geweet het dat daar iets van God in ons almal skuil, iets wat ons lewe oneindig ryk, kosbaar en onaantasbaar maak, was die bekende Trappiste-monnik, Thomas Merton.
Hoe pragtig beskryf hy hierdie waarheid in sy boek Conjectures of a Guilty Bystander:
“At the centre of our being is a point of nothingness which is untouched by sin and by illusion, a point of pure truth, a point or spark which belongs entirely to God, which is never to our disposal … which is inaccessible to the fantasies of our own mind and the brutalities of our own will.
“This little point of nothingness and of absolute poverty is the pure glory of God in us. It is so to speak His name written in us, as our poverty, as our indigence, as our dependence, as our sonship. It is like a pure diamond, blazing with the invisible light of heaven. It is in everybody …”
Vir sommige klink hierdie gedagtes van Merton oor die menslike bestaan dalk ooridealisties en ietwat dromerig. Wie sy woorde egter lank in stilte en met erns oordink – en jy kan dit gerus doen – ontdek dalk dat dit nie net groot troos inhou nie, maar ook nuwe visie, hoop en energie kan skep.
Hoe kan dit dan ook anders as ons die gawe van God se heerlikheid in ons begin opmerk! Of, soos Jesaja dit beskryf, ontdek dat ons ʼn sierlike kroon in God se hand is (Jesaja 62:3).
Here, bewaar ons vandag van daardie ongeloof wat miskyk dat U in ons woon. Amen.
Carel Anthonissen