Boodskap vir Vandag

Search

Ons seksualiteit en gebed

Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid (1 Petrus 4:7).

Nog ʼn baie belangrike en dikwels verborge belemmering in ons gebedslewe, sê Kenneth Leech, is ʼn verwronge seksualiteit, oftewel, wellus.

Dit is bekend dat ongesonde seksuele fantasieë en begeertes ons lewe so kan oorheers dat dit ons verhinder om ons Godgegewe talente uit te leef. Terselfdertyd kan dit ons gedagtes weglei van God af sodat die lus om te bid verdwyn.

Simson is ʼn voorbeeld van iemand wat, in die woorde van John Bright, toegelaat het dat sy unieke charisma en roeping totaal oorwoeker en uiteindelik uitgewis word deur sy promiskue lewe en oordrewe erotiese beheptheid.

Omdat ons natuurlike behoefte aan warmte en intimiteit in sekere omstandighede maklik kan ontspoor, is dit goed om Petrus se woorde in dié verband te onthou: “Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid” (1 Petrus 4:7).

Ook Jakobus se vermaning: “As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig” (Jakobus 4:3).

O Here, bewaar ons vandag van ongesonde begeertes wat ons aandag van U af kan weglei. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.