As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek (Jesaja 1:15).
In Johannes 9 hoor ons die amper skokkende nuus dat God nie noodwendig luister na almal wat na God roep nie.
Tog, so lees ons in vers 31: “As iemand vir God ontsag het en doen wat God wil hê, dan luister God na so ʼn persoon.”
Dié vers herinner ons aan waarskynlik die grootste struikelblok in ons gebedslewe, die grootste rede waarom ons gebedslewe stagneer en ons nie meer lus voel om na God te roep nie. Dié rede is: ongehoorsaamheid. Ons onwilligheid om Gód se wil te soek en daarvolgens te leef.
In sy boek oor gebed skryf Jacques Ellul, die Franse teoloog, insiggewend hieroor. Hy bring dit tereg in verband met die verlies aan geloof in God. Luister net wat sê hy:
“If, for the Christian, prayer becomes impossible, dead, troublesome, uncertain, that does not spring in the first instance from all the causes we have enumerated. The sole basic problem is that we do not make the decision to obey, since we do not take the commandment seriously, and if that is the case it is because we are not living the faith which has it foundation in Jesus Christ.”
Is dit dan nie presies die rede waarom God in Jesaja 1:15 sy oë vir sy volk se gebede toemaak en nie meer na hulle luister nie?
En verg dié ontstellende nuus nie vandag ons ernstige aandag nie?
O Here, vergewe ons ons onverskilligheid teenoor U en u wil. Wees ons genadig en leer ons opnuut u weë. Luister tog wanneer ons roep. Amen.
Carel Anthonissen