Boodskap vir Vandag

Search

Gesnoei tot beter mense

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het (Johannes 15:2-3).

As ʼn boorling van die Karoo met min kennis van wingerde was die aanskoue van die snoeiproses aanvanklik vir my ʼn verrassing, indien nie ʼn skok nie.

Al die mooi lote wat so vrylik, amper roekeloos, afgeknip en dan op ʼn hoop gegooi word – is dit nie ʼn onnodige ingryping en vermorsing nie?

Later moes ek leer dat daar ʼn goeie rede voor is – om al hoe meer en beter vrug te waarborg. Selfs belangriker nog, dit is só beplan deur ʼn fyn en bedrewe hand wat ook die proses bestuur het.

Wat ʼn beeld om die lewe saam met en in Christus te beskryf! God kan aan ons lewe snoei, sodat ons lewe vryer en vrugbaarder sal wees.

Wat beteken God kan alles wat egte groei en lewe strem of belemmer, ja, alles wat ons meer selfsugtig, opgeblase en bekrompe kan maak, op ʼn dag begin ontmasker, afsny, wegsny, opruim en selfs laat sterf. Hetsy deur sy woord, die raad en vermaning van ander mense of selfs allerlei onverwagte terugslae en teleurstellings.

So ʼn snoeiproses gaan gewoonlik met groot pyn en ontnugtering gepaard, selfs met bittere lyding. Tog, wie bereid is om daaruit te leer, wie weet en glo dat hulle lewe steeds in die goeie en bedrewe hande van God is, kan óók weet dat alles uiteindelik ten goede sal saamwerk.

En dat hulle as beter en bruikbaarder mense anderkant sal uitkom.

Here, wat ʼn troos dat ons lewe in u hande is. Dat selfs wanneer ons swaarkry en ly, ons kan weet dat dit deel van u snoeiwerk aan ons lewe kan wees. En dat alles uiteindelik ten goede sal saamwerk. Amen.

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.