Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

So boemerang die lewe op ons

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son (Psalm 37:5-6).

Søren Kierkegaard, die bekende Deense filosoof, het in sy tyd vele belangrike wyshede kwytgeraak. Onlangs word ek opnuut deur die volgende diepsinnige stelling van hom geraak:

“The most common form of despair is not being who we are.”

Daarmee wou Kierkgaard ons allereers bewus maak van die gevaar van selfvervreemding. Dit is wanneer ons, om watter rede ook al, wegdryf van ons goeie kern – van daardie deel wat God in ons geplaas het – en onsself verloor in dit wat hatig, afbrekend, dekadent en donker is.

Dán, so waarsku Kierkegaard, kan die lewe negatief op ons boemerang. En ons, dikwels teen ons verwagtings in, in ʼn toestand van groot skuld, wanhoop, onsekerheid en vertwyfeling dompel.

Gelukkig is Kierkegaard se stelling ook ʼn wekroep om gedurig teen hierdie gespletenheid of dubbelslagtigheid van ons bestaan op te staan en ons telkens op God se trou en genade te werp.

God se genade wat ons elke dag verseker: “Jy bly my geliefde – maak nie saak hoe jy jouself en jou God vandag verloën het nie.”

Here, my lewe is nie wat en waar U dit wil hê nie. Vergewe my my dubbelslagtigheid en onverskilligheid. En leer my om U te bly vertrou. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.