Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Die dwaasheid van selfverheffing

Kennis begin met die dien van die Here (Spreuke 1:7).

Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid (Spreuke 11:2).

Onlangs loop ek ʼn interessante boek vol lewenswyshede van verskillende musikante in ʼn boekwinkel raak.

Sommige aanhalings gaan oor die opwinding van die kreatiewe proses, selfs die verwondering dat ander nie daardie spesifieke kreatiewe geleentheid of opening raakgesien en gevul het nie.

Ander aanhalings gaan oor die dikwels ambivalente en selfs begriplose ontvangs en beoordeling van musikante se werk. Soos die musikant Randy Newman se insiggewende opmerking: “Don’t let the critic become greater than the creator.”

Duidelik slaan die opmerking op Newman se ongeduld met kritici wat dink hulle kan die kunstenaar se werk beter as hy self beoordeel. Dié aanhaling het my egter ook laat dink aan moderne skeptici wat geen erg aan enige God of Skepper het nie, en boonop leef met die pretensie dat hulle die werk van God beter kan peil as God self.

Die Spreukeskrywer noem dié soort selfverheffing dwaasheid en stel dit teenoor wysheid, oftewel ware kennis – kennis wat begin by eerbied en respek vir God en wat nie op eie insig staatmaak nie.

Here, leer ons vandag die egte wysheid wat begin by respek en eerbied vir U. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.