Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

God se droom

Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke” (Genesis 2:18).

Die storie van Genesis 2:18-25 is deur die eeue heen direk aan die instelling van die huwelik verbind.

Daar hoor ons hoe God vir die man ʼn vrou as metgesel geskep het. Die bedoeling was dat hulle mekaar as gelykes sou help en aanvul. En so vir die res van hulle lewe bymekaar sou bly.

Van die begin af was hierdie droom van God nooit bedoel om die man of die vrou in te perk en van hulle vryheid te beroof nie. Nog minder om hulle op ʼn pad van onnodige konflik, pyn en skuldgevoelens te plaas.

Adam se uitroep by die aanskoue van Eva was een van louter vreugde, verwondering en ekstase. “Hoe wonderbaar, hoe mooi!” sing albei in Haydn se skeppingsoratorium by die ontdekking van mekaar se unieke geskapenheid. Dit danksy God se goedheid en guns.

Is dit nie wat die grondstemming van alle huwelike en verhoudings behoort te wees nie? Hierdie dankbare lof aan God oor God se goedheid. En daarmee saam die onophoudelike verwondering oor en respek vir die ander se unieke gawes en moontlikhede. Selfs die moed om hulle te help om dit volledig uit te leef.

Maar kry ons as mense dit reg? Kan ons die verwondering, die idille, ja, hierdie grootse droom van God volhou? Dit is die vraag.

Here, dankie vir u droom van gemeenskap en liefde tussen mense, veral tussen hulle wat U na mekaar toe gelei en aan mekaar verbind het. Hou ons altyd in verwondering daaroor. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.