Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Kan ons hiervoor bid?

Jesus sê vir hom: “Gaan! Jou geloof het jou gered.” En dadelik kon hy sien en het Jesus op sy pad gevolg (Markus 10:52).

Die verhaal van Jesus wat die blinde Bartimeus genees het (Markus 10:46-52), stel vandag allerlei vrae en uitdagings aan ons geloof.

Vrae soos: Geld die styl en aard van Jesus se optrede vandag nog?

Kan ons byvoorbeeld vandag nog met egte verwagting bid vir so ʼn bonatuurlike en dramatiese vorm van genesing? Of moet ons Jesus se daad meer geestelik en selfs metafories verstaan – as ʼn beeld waarmee die skrywer wou sê: Jesus was anders. Iets van God was in Hom teenwoordig.

In ʼn mooi meditasie oor hierdie gedeelte gee ʼn bekende vroulike teoloog toe dat sy in haarself ʼn tweeslagtigheid gewaar wanneer sy dié gedeelte lees. In haar woorde:

“I struggle. I don’t want to leap to metaphor too quickly, when it’s clear in the Gospels that Jesus cared about the physical, embodied lives of everyone he met. But I also don’t want to hold out false hope to anyone.”

Presies! En tog, ten spyte van ons twyfel en vrae, kan ons dit kwalik ontduik: In hierdie verhaal is sprake van ʼn soort geloof wat redding bring. Wat Jesus selfs daartoe noop om ʼn blinde man te genees.

Watse soort geloof was dit dan? En waartoe lei dit ons vandag? Watter soort verwagtings word daardeur ontsluit?

Laat ons in die volgende dae hierna kyk.

O Here, ons weet nie altyd hoe om die verhale oor U te verstaan nie. Gee ons vandag meer insig. Gee ons ware geloof. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.