Boodskap vir Vandag

Search

Arbeid maak vry

Harde werk bring beloning; om net te praat bring gebrek (Spreuke 14:23).

By die ingang van die meeste Duitse strafkampe tydens die Tweede Wêreldoorlog het, ironies genoeg, hierdie woorde gestaan: Arbeit macht frei – Arbeid maak vry.

Ironies, ja, want in die konteks van daardie tyd is die ware doel van die strafkampe – die uitbuiting en uitwissing van duisende gevangenes – met hierdie vroom slagspreuk verdoesel.

Tog skuil daar ʼn waarheid in hierdie spreuk. Want om ʼn werk te hê en jouself daarin uit te leef, skep inderdaad sin en maak jou vry. Ledigheid, daarteenoor, lei tot ʼn leë en onvrugbare lewe. Dit word die spreekwoordelike oorkussing vir die duiwel. Só skep dit ʼn teëlaarde vir kwaaddoen, misdaad en korrupsie.

Dus, wees dankbaar as jy nog elke oggend kan opstaan en kan uitsien na die dag omdat jy ʼn werk het – een wat jou bly inspireer en motiveer en boonop ʼn leefbare inkomste genereer.

Want daar is tans miljoene wat nie dié voorreg smaak nie.

Here, terwyl ons U vandag dank vir ons werk, bid ons vir die duisende wie se lewe gedoem is tot ledigheid en onvrugbaarheid. Here, gee tog uitkoms! Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.