Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

ʼn Instrument van vrede

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak julle begeertes in alles deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus (Filippense 4:6-7).

Ek preek vir myself wanneer ek vandag hierdie woorde skryf.

Die vrede waarna die wêreld elke dag verlang, begin altyd by mense wat vrede in hulleself omdra.

Mense wat daarin geslaag het – en steeds elke dag daarin slaag – om hulle natuurlike aggressie te beteuel en hulle onrustige gemoed voortdurend te kalmeer en te suiwer met positiewe gedagtes en gevoelens oor alles en almal.

Kortom, dit begin wanneer ons daarin kan slaag om orde in ons binneste te skep.

Tereg het die skrywer Katherine Paterson opgemerk: “What a gift of grace to be able to take the chaos from within and from it create some semblance of order.”

Om hierdie orde in jou binneste te skep, waardeur jy dan ʼn klimaat van vrede daarbuite kan help skep en bevorder, kom egter nie vanself nie. Dit vra gereelde tyd en ʼn spesifieke plek van stilte – ʼn ruimte waar jy elke dag kan bid: “Dat die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, vandag weer my hart en my gedagtes sal beset en bewaar … in Christus Jesus.”

Here, ek bid vandag vir u orde en vrede in my deurmekaar en onrustige gemoed. Ek bid dat U my só ʼn instrument van vrede sal maak. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.