Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Ons vyand bly ʼn mens

Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God (Romeine 12:19).

ʼn Digter het eenmaal geskryf dat om ʼn gesig te sién altyd die sleutel tot verwantskap en omhelsing sal bly.

Anders gestel, dis eers wanneer ons mense van naby leer ken dat ons hulle begin begryp en waardeer vir wie hulle is.

Hoe hierdie soort kennis jou kan help om selfs jou grootste vyand met meer deernis te bejeën, word aangrypend verwoord in die gedig “Revenge” deur die Palestynse digter Taha Muhammad Ali. In sy worsteling om die man wat sy pa vermoor het te vergewe, skryf hy:

“At times … I wish I could meet in a duel the man who killed my father and razed our home, expelling me into a narrow country. And if he killed me, I’d rest at last, and if I were ready – I would take my revenge. But if it came to light when my rival appeared that he had a mother waiting for him, or a father who’d put his right hand over the heart’s place in his chest whenever his son was late even by just a quarter-hour for a meeting they’d set – I would not kill him, even if I could.”

Die gedig gaan in dié trant voort. Dit wys onder meer hoe sterk die drang om te vergeld in ons almal leef. Maar ook hoe die ontdekking van ons vyand se meer menslike kant ons harte kan laat versag.

Ons selfs kan laat afsien van haat en vergelding.

O Here, gee ons vandag weer ʼn oog vir die mens agter ons vyand. Gee ons meer van u liefde. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.