Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

ʼn Genadige herinnering

“Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan …’” (Lukas 15:17-18).

Behalwe vir sy donker kant van verval en ellende, bevat die verhaal van die verlore seun ook ʼn moment van lig en bevryding.

Dit is wanneer die seun tot sy sinne kom en besluit om terug te keer. Die geheim vir hierdie omkeer lê dieper as wat ʼn mens met die eerste oogopslag raaksien.

Dit lê in ʼn genadige herinnering wat, so lees ons, direk spruit uit die seun se onthou van sy pa en sy pa se huishouding. In sekere sin kan ons selfs sê die beeld en gees van sy pa wat deur al die jare by en in hom bly geleef het, het hierdie herinnering wakker gemaak.

En toe dit gebeur, breek die lig by die seun deur. Hy kry vir die eerste maal ʼn meer nugter perspektief op sy lewe – hy besef die diepte van sy ellende, asook die rykdom wat hy mis. En hierdie besef ontsluit weer in hom ʼn onstuitbare verlange, die drang om summier op te staan en terug te keer na die gelukkige huis van sy jeug.

Paul Ricour, die Franse filosoof, het hierdie soort terugkeer die herwinning van ʼn tweede soort naïwiteit in ons lewe genoem.

Hoe geseënd is ons as dit nog met ons kan gebeur.

Here, dankie dat u Gees steeds in ons leef en ons aan U bly herinner, selfs na U laat verlang. Help ons om, soos die verlore seun, hierdie verlange om te sit in ʼn daad van terugkeer. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.