Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

ʼn Onbedagsame lewe

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, en dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God (Miga 6:8).

Een van die slegste vorme van menslike gedrag staan bekend as onbedagsaamheid.

Om onbedagsaam te leef is om so behep te wees met jou eie aksies, stories of belange dat jy onsensitief raak vir ander, dat jy nie meer omgee hoe jou optrede of gedrag hulle raak of steur nie. Selfs nie eens omgee wat hulle van jou dink nie.

Soos die man wat ʼn koerant wat vir openbare verbruik bedoel is, optel en rustig die sudoku daarin begin speel terwyl ander hulle beurt moet afwag om die koerant te lees. Hy steek die koerant selfs later in sy tas en stap uit.

Sulke voorbeelde van onbedagsame optrede is volop. Dink maar aan mense wat in openbare plekke lawaai en nie eens opmerk hoe dit ander pla nie; of aan motoriste wat onwettig iewers parkeer en wegglip sonder om hulle te steur aan die opeenhoping en irritasie wat dit veroorsaak.

Ja, hoeveel beter en meer menslik sal ons samelewing nie wees as mense kan leer om meer bedagsaam te leef nie. ʼn Bedagsame lewe verraai nie net respek vir ander nie, maar veral respek vir jouself.

En respek vir jou Skepper.

Here, vergewe ons dat ons so onbedagsaam teenoor U en ander mense leef. Leer ons vandag weer daardie liefde en trou wat ons lewe en optrede meer menslik sal maak. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.