Boodskap vir Vandag

Search

Twee verskillende seine

“Kom na My toe almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matteus 11:28).

ʼn Vriend van my wat ʼn sielkundige is, moet dikwels paartjies wat sukkel om hulle huwelikbootjie bo water te hou, van raad bedien.

Onlangs deel hy ʼn interessante waarneming hieroor met my.

Benewens ʼn klompie neutrale seine wat deel van ons daaglikse omgang met mense vorm, is daar veral twee groot seine wat die aard en groei van ons verhouding met die ander bepaal. Die een is waar jy deur jou woorde of gedrag mense openlik of op subtiele maniere van jou af wegstoot. Dit gebeur veral wanneer jy die ander bly verwyt, beskuldig of vaspen met woorde soos: “Jy was nog altyd so …”

Teenoor hierdie wegstoot-seine is daar die positiewer seine waar jy mense doelbewus nader aan jou wil trek. Hetsy deur woorde van simpatie, begrip en liefde. Of deur te wys dat jy na die ander wil luister omdat jy hulle gevoelens en sienings respekteer.

Wie ʼn volgeling van Christus is, sal weet dat Hy, anders as die Fariseërs, nooit mense doelbewus afgewys of weggestoot het nie. Inteendeel, sy hele sending was daarop gemik om mense te begryp, te help en te dien. Daarom het Hy hulle gedurig met woord en daad aangemoedig om na Hom toe te kom.

Hy verwag vandag dieselfde van ons, veral in ons huwelike.

O Here, help ons vandag om ons woorde só te kies en só op te tree dat mense die vrymoedigheid sal hê om nader aan ons te kom. Amen.

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.