Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

ʼn Uitnodiging tot eerlikheid

“As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby” (Lukas 21:28).

In ʼn aangrypende meditasie oor wat sy noem die uitnodigings wat Advent na ons toe bring, herinner die vroulike teoloog Debi Thomas ons daaraan dat hierdie uitnodigings allermins maklik is.

In haar woorde: “The invitations Advent offers us are hard-edged … But they are essential and life-giving nevertheless. They help us to say hello to here … To find redemption in the most startling places.”

Wie mooi lees, sal sien dat dit presies die uitnodiging is wat Jesus in sy profetiese rede aan sy dissipels gerig het. Dat hulle hulle koppe moes oplig (Lukas 21:28) en let op die grootskaalse sosiale en kosmiese ontwrigting wat op hande is (21:7-28). Ja, dat hulle die gevaarlike en brose staat waarin hulle wêreld verkeer, eerlik en moedig in die oë sal kyk. Ook al die ontstellende vrae en gevoelens wat dit oproep, eerlik sal deurleef en aankondig.

Thomas stel hierdie uitdaging só wanneer sy skryf: “Advent reminds us that we are not called to an escapist, denial-based piety. We are called to dwell courageously in the truth. To describe life on earth as it is … To shout forth our pain and bewilderment. To name the seeming absence of God … To come to the end of ourselves. To get real.”

Gegee die groot ekologiese en sosiale probleme waarmee ons wêreld vandag te kampe het, is Jesus se woorde merkwaardig relevant en tydig.

Trouens, vir ons wat glo, is dit ʼn wekroep om op te staan, eerlik te praat – selfs al ontstel dit mense – en dan te doen wat van ons gevra word.

O Here, gee ons vandag die moed om eerlik te praat, eerlik te worstel en eerlik te leef. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.