“Kyk na die vyeboom en al die ander bome. Wanneer hulle reeds bot, sien julle dit self en weet dat die somer naby is. So moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die koninkryk van God naby is” (Lukas 21:29-31).
Ons leef in ʼn tyd van groot haas en ongeduld.
En tog is daar dinge waarop ons altyd weer met geduld moet wag – dinge wat nie afgedwing of ryp gedruk kan word nie.
Soos die antwoord op jou werksaansoek waaroor hulle eers oor twee weke gaan besluit. Of die aankoms van ʼn nuwe baba waarvan die bestemde datum reeds verstryk het. Of vir die boer, die rypwording van sy oes.
Advent is ook so ʼn tyd waarin ons met geduld moet wag, terwyl ons verlangend op die uitkyk bly vir tekens van God se werk in ons midde. Pragtig druk die teoloog Debie Thomas dit uit:
“During Advent we are invited to wait. If the secular world speeds past the darkness to the safe certainty of light, Advent reminds us that things worth waiting for happen in the dark. Spring’s seed break open in the dark winter soil, God’s Spirit hovers over dark waters, preparing to create. The child we wait for grows in the darkness of the womb … The God who showed up in the birth of a child might show up anywhere.”
Is dit nie waaraan Jesus ons in Lukas 21:29-36 wil herinner nie?
Here, help ons vandag weer om met groter geduld te wag, ja, veral te wag dat U ons die weg wys. Amen.
Carel Anthonissen