Boodskap vir Vandag

Search

Die Vader weet

“Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra” (Matt 6:8).

In die ou dae het ʼn skip een stormagtige nag langs ʼn onherbergsame kusstrook op die rotse geloop. Al die passasiers en bemanning het verdrink. Al die slagoffers se familie is in kennis gestel. Die lyke wat uitgespoel het, is een vir een deur geliefdes opgeëis om in hulle tuisdorpe begrawe te word.

Almal behalwe dié van ʼn babadogtertjie. Niemand het haar liggaampie kom haal nie. Niemand het geweet wie haar ouers was, hoe oud sy was of wat haar adres was nie. Die passasierslys het nie haar naam bevat nie. Ná ʼn paar dae is die dogtertjie op ʼn plek naby die ramptoneel begrawe. Op haar grafsteen was net drie woorde: Die Vader weet …

Ja, die Vader het haar geken en Hy het geweet by wie sy hoort.

Jesus het eenmaal gesê: “Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra” (Matt 6:8). Hy weet alles van ons lewe af. Ons is immers sy kinders. Hy weet wie ons is, wat ons adres en werkplek is, wie ons ouers, kinders en vriende is.

Hy weet veral wat ons behoeftes is. Hy sien ons nood raak. Hy ken ons lyding. Hy verstaan ons.

Weet dus: Die Vader wéét!

Die Vader weet wat ons behoeftes is. Hy sien ons nood raak. Hy ken ons lyding. Hy verstaan ons.

Vader, U ken my. U ken ook al my sonde. En tog weet ek dat U my nogtans liefhet! U jaag my nooit weg nie. Dankie dat U my aanvaar soos ek is. Amen.

Johan Cilliers

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.