Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Alle mag

“Aan My is aIle mag gegee in die hemel en op die aarde” (Matt 28:18).

Daar is ’n pragtige gospelliedjie met hierdie woorde: “He’s got the whole world in his hands; He’s got the whole wide world in his hands; He’s got you and me, brother, in his hands; He’s got you and me, sister, in his hands; He’s got the whole world in his hands.”

Soms voel dit dalk vir ons of iemand of iets anders die wêreld in hulle hande het. Veral wanneer dinge in ons eie lewe skeefloop, voel dit of ’n kwaadwillige mag die finale sê het. Soms voel dit vir ons of daar in die wêreld of in ons nabye omgewing magte ontketen word waaroor ons geen beheer het nie. Onstuitbare magte. Dit bedreig ons geluk en ons veiligheid. Dit maak ons bang. As ons aan die begin van die dag dink aan die (groot en klein) magte waarmee ons in die volgende 24 uur te doen kan kry, kan ons maklik wanhoop. Dit wil sê, as ons Christus, die Here, uit die oog verloor.

Daar is maar Een in die geskiedenis van die ganse heelal wat met reg kon sê: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde” (Matt 28:18). Daar is werklik geen mag in die hemel of op die aarde wat ’n vinger kan verroer sonder dat Christus daarvan weet nie. Ook nie teen ons nie.

He’s got the whole world in his hands.

Die magte waarmee ons vandag te doen kan kry, kan ons maklik laat wanhoop … as ons die Here uit die oog verloor.

Here Jesus, dankie dat u deurboorde hande sterk genoeg is om my saggies vas te hou. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.