Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Nugtere feite

Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus (Matt 1:18).

Jesus is op aarde gebore, tussen mense, as mens. Hierdie boodskap moet ons nie so in hemelse wasigheid hul dat ons dit van die naakte aardsheid daarvan stroop nie.

DJ Opperman se gedig “Kersliedjie” toon treffend die menslikheid van hierdie gebeure aan. Probeer dit gerus in die hande kry om te lees. Dit is ’n gedig wat die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus aards, werklik, maak. In sy gedig plaas Opperman die geskiedenis van Jesus Christus se geboorte vir ons in ons eie ervaringswêreld.

Die Kersevangelie is immers nie ’n sprokie nie. Dit is nugtere geskiedenis (Matt 1:18). Daarom het dit alles te sê vir ons stukkie geskiedenis van elke dag, ons stukkie ervaringswêreld: die wekker wat te laat lui, die verkeersknoop, die misverstand by die werk, die ontstellende nuus, die teleurstelling van verpletterde ideale.

Is dit alles te aards vir Jesus? Nee, juis aards genoeg!

Die evangelie is nie ’n sprokie nie; dit is nugtere geskiedenis.

Jesus, dankie dat U weet van die nugtere feite van my lewe. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.